Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 7:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het:

2. Gaan staan in die poort van die huis van die Here en roep daar hierdie woorde uit: Al julle Judeërs wat by hierdie poorte ingaan om die Here te dien, hoor die woord van die Here!

3. So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Maak julle lewe en julle dade reg, dat Ek julle kan laat bly in hierdie land.

4. Moenie julle vertroue stel in leuens nie. Julle sê: “Ons is veilig! Dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel!”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 7