Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 6:23-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Hulle is gewapen met pyl en boog en swaard,hulle is wreed en hulle spaar niemand nie.Hulle krygsgeskreeu dreun soos die see,hulle kom aan op hulle perde,hulle soldate is reg vir die aanval op jou, Sion.

24. Ons het die gerug oor hulle gehoor,ons hande hang slap,angs het ons beetgepak,benoudheid soos die pyn van 'n vrouwat 'n kind in die wêreld bring.

25. Moenie in die veld ingaan nie,moet ook nie met die pad langs loop nie,want die wapens van die vyand jaag oral skrik aan.

26. My volk, trek rouklere aan, rol in die as,treur soos oor die dood van 'n enigste kind,huil bittere trane, want die verwoester is op ons.

27. Ek stel jou aan om my volk te toets,Ek maak jou sterk; ondersoek en toets wat hulle doen.

28. Hulle is almal hardkoppige rebelle,hard soos brons en yster;hulle loop mekaar en beswadder,hulle is almal korrup.

29. Die blaasbalk blaas,maar die vuur kry nie die lood afgeskei nie;die smelter smelt verniet,hy kry die afvalstowwe nie uitgesmelt nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 6