Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 6:18-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Daarom moet julle luister, nasies,en kyk wat met hulle gaan gebeur.

19. Luister, aarde! Ek bring onheil oor hierdie volk,hulle sal die vrugte pluk van hulle planne,want hulle het hulle nie aan my woorde gesteur nie,hulle het verwerp wat Ek hulle geleer het.

20. Waarom sou Ek omgee vir wierook uit Skebaof kalmoes uit 'n ver land?Ek aanvaar nie julle brandoffers nie,Ek hou nie van julle offers nie.

21. Daarom sê die Here:Kyk, Ek lê in die pad van hierdie volk struikelblokkedat hulle daaroor kan val;vaders en kinders, vriende en bure sal omkom.

22. So het die Here gesê:Kyk, 'n volk kom uit 'n land in die noorde,'n groot nasie staan op in 'n uithoek van die aarde.

23. Hulle is gewapen met pyl en boog en swaard,hulle is wreed en hulle spaar niemand nie.Hulle krygsgeskreeu dreun soos die see,hulle kom aan op hulle perde,hulle soldate is reg vir die aanval op jou, Sion.

24. Ons het die gerug oor hulle gehoor,ons hande hang slap,angs het ons beetgepak,benoudheid soos die pyn van 'n vrouwat 'n kind in die wêreld bring.

25. Moenie in die veld ingaan nie,moet ook nie met die pad langs loop nie,want die wapens van die vyand jaag oral skrik aan.

26. My volk, trek rouklere aan, rol in die as,treur soos oor die dood van 'n enigste kind,huil bittere trane, want die verwoester is op ons.

27. Ek stel jou aan om my volk te toets,Ek maak jou sterk; ondersoek en toets wat hulle doen.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 6