Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 6:13-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Almal, klein en groot, wil hulleself net verryk,almal, selfs profete en priesters, is uit op bedrog.

14. Hulle het 'n goedkoop raat vir die wonde van my volk.Hulle sê net: “Alles is reg! Alles is reg!”Maar niks is reg nie.

15. Wanneer hulle aan die kaak gestel wordoor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het,skaam hulle hulle nie eens nie,hulle weet nie van skaamte nie.Daarom sal hulle tot 'n val kom soos al die ander voor hulle;wanneer Ek hulle straf, sal hulle omkom, sê die Here.

16. So sê die Here:Staan by die kruispaaie en kyk,en vra na die ou paaie.Vra watter pad die beste is en loop dit,dan sal julle rus vind.Maar hulle het gesê: “Ons sal nie daardie pad loop nie.”

17. Toe het Ek wagte oor julle aangestel en gesê:Luister na die ramshoring!Maar hulle het geantwoord: “Ons sal nie luister nie.”

18. Daarom moet julle luister, nasies,en kyk wat met hulle gaan gebeur.

19. Luister, aarde! Ek bring onheil oor hierdie volk,hulle sal die vrugte pluk van hulle planne,want hulle het hulle nie aan my woorde gesteur nie,hulle het verwerp wat Ek hulle geleer het.

20. Waarom sou Ek omgee vir wierook uit Skebaof kalmoes uit 'n ver land?Ek aanvaar nie julle brandoffers nie,Ek hou nie van julle offers nie.

21. Daarom sê die Here:Kyk, Ek lê in die pad van hierdie volk struikelblokkedat hulle daaroor kan val;vaders en kinders, vriende en bure sal omkom.

22. So het die Here gesê:Kyk, 'n volk kom uit 'n land in die noorde,'n groot nasie staan op in 'n uithoek van die aarde.

23. Hulle is gewapen met pyl en boog en swaard,hulle is wreed en hulle spaar niemand nie.Hulle krygsgeskreeu dreun soos die see,hulle kom aan op hulle perde,hulle soldate is reg vir die aanval op jou, Sion.

24. Ons het die gerug oor hulle gehoor,ons hande hang slap,angs het ons beetgepak,benoudheid soos die pyn van 'n vrouwat 'n kind in die wêreld bring.

25. Moenie in die veld ingaan nie,moet ook nie met die pad langs loop nie,want die wapens van die vyand jaag oral skrik aan.

26. My volk, trek rouklere aan, rol in die as,treur soos oor die dood van 'n enigste kind,huil bittere trane, want die verwoester is op ons.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 6