Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 6:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Mense van Benjamin,gaan soek veiligheid buite Jerusalem,blaas die ramshoring in Tekoa,gee vuurseine by Bet-Kerem,want daar dreig onheil uit die noorde, 'n groot ramp.

2. Sion is soos 'n mooi maar verwénde dogter,Ek sal hom vernietig.

3. Konings sal na hom toe kom met hulle leërs,hulle sal hulle tente rondom opslaan om teen die stad te veg,elkeen sal 'n eie stuk inneem.

4. Hulle sal sê: “Verklaar oorlog teen hom;kom ons val hom helder oordag aan!Nee, die dag is al verby, die aandskaduwees is al lank.

5. Kom ons val hom in die nag aan en vernietig sy mooi huise!”

6. So sê die Here die Almagtige:Kap bome af en gooi 'n wal op teen Jerusalem.Dit is die stad wat veroordeel is,want verdrukking is daar aan die orde van die dag.

7. Soos 'n put sy water vars hou,so hou die stad sy boosheid vars;al waarvan Ek daar hoor, is geweld en vernietiging,al wat Ek sien, siekte en wonde.

8. Jerusalem, neem die waarskuwing ter harte,sodat Ek nie my rug vir jou draai nie,sodat Ek jou nie 'n woesteny maak nie,'n land waarin niemand woon nie.

9. So sê die Here die Almagtige:Oes die oorblyfsel van Israel af soos 'n mens 'n wingerd afoes,bring jou hand soos 'n druiweplukker weer en weer terug na die ranke toe.

10. Met wie sal ek praat, wie sal ek waarsku,wie sal na my luister?Hulle ore is doof, hulle is nie in staat om te hoor nie.Hulle praat smalend oor die woord van die Here,dit kan hulle nie skeel nie.

11. Die toorn van die Here brand in my,ek kan dit nie verduur nie!Giet dit uit op die kinders in die straaten op die jongmanne waar hulle bymekaarkom;laat mans én vrouens daardeur verteer word,selfs mense wat grys is, wat baie oud is.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 6