Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:7-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Babel was 'n goue beker in die hand van die Here,'n beker wat die hele wêreld dronk laat word het:die nasies het van sy wyn gedrinken daarvan mal geword.

8. Babel kom skielik tot 'n val, hy stort ineen!Huil oor hom, gaan haal balsem vir sy wonde,miskien word hy gesond!

9. Ons het Babel gedokter, maar hy het nie gesond geword nie.Gee pad uit hom, kom ons gaan elkeen na sy land toe,want die straf wat hom tref, strek tot aan die hemel,reik tot by die wolke.

10. Die Here het vir ons redding gebring;kom ons gaan vertel in Sionwat die Here ons God gedoen het.

11. Maak skerp die pyle, vat die skilde!Die Here het die konings van Medië in beweging gebring,want Hy het besluit dat Babel verwoes moet word.Die Here gaan Hom wreek oor wat met sy tempel gebeur het.

12. Steek 'n vaandel op teen die mure van Babel,versterk die wagposte, sit wagte uit,stel hinderlae op,want die Here gaan sy besluit uitvoer,Hy gaan met die inwoners van Babel doen wat Hy gesê het.

13. Jy wat langs die baie waters woon,met jou baie skatte,jou einde het gekom,jou lewensdraad word geknip.

14. Die Here die Almagtige het 'n eed afgelê by Homself:Ek laat die vyande soos sprinkane op jou toesak,en hulle sal met 'n geskreeu die oorwinning oor jou vier.

15. Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het,wat met sy wysheid die wêreld gevestig heten met insig die hemel oopgesprei het.

16. Wanneer Hy sy stem laat hoor, druis die water in die hemel;Hy laat die mis opstyg van die eindes van die aarde af,Hy laat die weerlig slaan wanneer dit reën,Hy laat die wind uit sy voorraadskure uitkom.

17. Dan sien elke mens hoe dom,hoe sonder kennis hy is;dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld,want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie.

18. Hulle is nikswerd gode, voorwerpe van spot,hulle vergaan as die tyd van afrekening kom.

19. Die God van Jakob is nie soos hulle nie,Hy is die Skepper van alles en almal.Daar is 'n volk wat aan Hom behoort.Die Here die Almagtige is sy Naam.

20. Jy was my hamer, Babel, my oorlogswapen;Ek het nasies met jou verslaan,Ek het koninkryke met jou vernietig;

21. Ek het perde en ruiters met jou verslaan,Ek het strydwaens en bemannings met jou verslaan,

22. Ek het mans en vrouens met jou verslaan,oumense en jongmense,jongmanne en jongmeisies,

23. herders en kuddes,boere en trekdiere,goewerneurs en gesagdraers.

24. Maar Ek sal Babel en al die inwoners van Galdeërland laat boet vir al die kwaad wat hulle voor julle oë in Sion aangerig het, sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51