Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:58-64 Afrikaans 1983 (AFR83)

58. So sê die Here die Almagtige:Die dik vestingmuur van Babel sal gesloop word,sy hoë poorte sal afgebrand word:mense het geswoeg vir niks,nasies het hulle afgesloof vir iets wat vir die vuur bestem is.

59. Die opdrag wat die profeet Jeremia aan Seraja seun van Nerija, seun van Magseja, gegee het toe hy saam met koning Sedekia van Juda in sy vierde regeringsjaar na Babel toe vertrek het; Seraja was kwartiermeester,

60. en Jeremia het al die onheil wat Babel sou tref, alles wat oor Babel neergeskryf was, in een boekrol opgeskryf

61. en vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, moet jy alles hardop lees

62. en sê: ‘Here, U het van hierdie plek gesê dat U hom so sal verwoes dat geen mens of dier weer in hom sal woon nie en dat hy altyd verlate sal wees.’

63. “Wanneer jy hierdie boekrol klaar hardop gelees het, moet jy 'n klip aan hom vasbind en hom in die Eufraat gooi

64. en sê: So sal Babel wegsink en nie opkom nie as gevolg van die onheil wat Ek oor hom bring; sy inwoners het hulle afgesloof vir niks, sê die Here.”Tot sover die woorde van Jeremia.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51