Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:51-58 Afrikaans 1983 (AFR83)

51. Ons is verneder en beledig,daar het skande oor ons gekom,want vreemdes het ingestapin die gewyde gebied van die huis van die Here.

52. Daarom kom die tyd, sê die Here,dat Ek met Babel se afgode sal afreken:die gewondes sal kerm dwarsoor sy land.

53. Al word Babel hemelhoog,al versterk hy sy hoë vestings ook hoe,Ek stuur verwoesters na hom toe,sê die Here.

54. Daar word om hulp geroep uit Babel,daar klink harde smartkrete uit Galdeërland,

55. want die Here verwoes Babelen maak 'n einde aan sy geraas.Soos groot waters sal die golwe van sy vyandeteen hom aangedreun komen sal hulle krygsgeskreeu weerklink.

56. Ja, daar trek 'n verwoester op teen hom, teen Babel,en sy soldate word gevange geneem, hulle boë stukkend gebreek,want die Here is 'n God wat vergeld,en Hy sal voluit straf.

57. Ek sal sy amptenare, sy raadgewers, sy goewerneurs,sy offisiere, sy soldate dronk laat word,en hulle sal vir altyd aan die slaap raaksonder om wakker te word,sê die Koning.Sy Naam is die Here die Almagtige.

58. So sê die Here die Almagtige:Die dik vestingmuur van Babel sal gesloop word,sy hoë poorte sal afgebrand word:mense het geswoeg vir niks,nasies het hulle afgesloof vir iets wat vir die vuur bestem is.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51