Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:41-52 Afrikaans 1983 (AFR83)

41. Sesak, so beroemd oor die hele aarde,is verower, is ingeneem!Babel het 'n verlate plek geword in die volkerewêreld!

42. Die waters het oor Babel gestroom,hy is bedek deur bruisende golwe.

43. Sy stede lê verlate,sy land is 'n dor, droë vlakte;daar woon geen mens nieen niemand gaan daar langs nie.

44. Ek gaan vir Bel straf in Babel,Ek sal hom laat opbring wat hy ingesluk het,en nasies sal nie meer na hom toe stroomas ballinge nie.Babel se mure sal val;

45. kom uit hom uit, my volk,red julleself voordat my gloeiende toorn teen hom losbreek.

46. Moenie moed verloor en bang wordwanneer daar gerugte rondgaan in die land nie:daar kom jaar vir jaar gerugte.Daar sal geweld in die land losbreek,regeerders sal mekaar beveg,

47. maar die tyd kom dat Ek afreken met Babel se afgode,dat sy hele land verslaan sal wees,sy dooies oral in hom rondlê.

48. Hemel en aarde en alles in hullesal juig oor Babel se val,want dié wat hom sal verwoes,is aan die kom uit die noorde,sê die Here.

49. Deur Babel se toedoen het mense oordie hele aarde gesneuwel,en so sal hý sneuweloor dié wat van Israel gesneuwel het.

50. Julle wat aan die swaard ontkom het,gee pad, moenie staan nie!Dink daar uit die verte aan die Here,hou Jerusalem in gedagte.

51. Ons is verneder en beledig,daar het skande oor ons gekom,want vreemdes het ingestapin die gewyde gebied van die huis van die Here.

52. Daarom kom die tyd, sê die Here,dat Ek met Babel se afgode sal afreken:die gewondes sal kerm dwarsoor sy land.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51