Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:34-44 Afrikaans 1983 (AFR83)

34. Koning Nebukadnesar van Babel het ons opgevreet, ons verteer, ons 'n leë kruik gemaak;soos 'n monster het hy ons ingesluk en hom dik gevreet,hy het ons leeggedrink en weggestoot.

35. Dié wat in Sion woon, sê:“Babel moet gestraf wordvir die geweld wat ons aangedoen is,vir die verminking.”Jerusalem sê:“Die inwoners van Galdeërland moet gestraf wordvir ons bloed wat vergiet is.”

36. So sê die Here:Ek sal vir julle reg opkom,Ek sal Babel straf vir wat jou aangedoen is:Ek sal sy baie water laat opdroog,ook die plek waar die water vandaan kom.

37. Babel sal 'n puinhoop word,'n blyplek vir jakkalse, 'n verlate plekwaaroor mense fluit van verbasing,'n plek sonder inwoners.

38. Sy inwoners brul nou almal soos leeus,hulle knor soos leeuwelpies,

39. maar terwyl hulle so humeurig is,sit Ek vir hulle 'n feesmaal vooren maak Ek hulle so dronkdat hulle eers jolig raaken dan vir altyd aan die slaap raaksonder om wakker te word,sê die Here.

40. Soos lammers, soos skaapramme en bokrammevat Ek hulle na die slagplek toe.

41. Sesak, so beroemd oor die hele aarde,is verower, is ingeneem!Babel het 'n verlate plek geword in die volkerewêreld!

42. Die waters het oor Babel gestroom,hy is bedek deur bruisende golwe.

43. Sy stede lê verlate,sy land is 'n dor, droë vlakte;daar woon geen mens nieen niemand gaan daar langs nie.

44. Ek gaan vir Bel straf in Babel,Ek sal hom laat opbring wat hy ingesluk het,en nasies sal nie meer na hom toe stroomas ballinge nie.Babel se mure sal val;

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51