Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:28-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Maak die nasies gereed om Babel aan te val,maak gereed die konings van Medië,sy goewerneurs, sy hoë amptenare,en al sy onderhorige lande.

29. Die land skud en bewe,want wat die Here teen Babel besluit het, staan vas:om die gebied van Babel 'n verlate plek te maak,sonder inwoners.

30. Babel se soldate het opgehou veg,hulle sit in die vestings,hulle krag is weg, hulle is soos vrouens;sy woonhuise word afgebrand,sy sluitbalke word gebreek.

31. Die een hardloper na die ander hardloop,die een boodskapper na die ander,om vir die koning van Babel te sêdat sy stad heeltemal ingeneem is,

32. dat die brûe beset is, dat die riete langs die rivier branden dat die soldate paniekbevange is.

33. So sê die Here die Almagtige, die God van Israel:Babel is soos 'n dorsvloer,en die tyd is daar dat hy vasgestamp moet word;nog net 'n rukkie, dan is die tyd daardat die graan op hom uitgedors word.

34. Koning Nebukadnesar van Babel het ons opgevreet, ons verteer, ons 'n leë kruik gemaak;soos 'n monster het hy ons ingesluk en hom dik gevreet,hy het ons leeggedrink en weggestoot.

35. Dié wat in Sion woon, sê:“Babel moet gestraf wordvir die geweld wat ons aangedoen is,vir die verminking.”Jerusalem sê:“Die inwoners van Galdeërland moet gestraf wordvir ons bloed wat vergiet is.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51