Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:18-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Hulle is nikswerd gode, voorwerpe van spot,hulle vergaan as die tyd van afrekening kom.

19. Die God van Jakob is nie soos hulle nie,Hy is die Skepper van alles en almal.Daar is 'n volk wat aan Hom behoort.Die Here die Almagtige is sy Naam.

20. Jy was my hamer, Babel, my oorlogswapen;Ek het nasies met jou verslaan,Ek het koninkryke met jou vernietig;

21. Ek het perde en ruiters met jou verslaan,Ek het strydwaens en bemannings met jou verslaan,

22. Ek het mans en vrouens met jou verslaan,oumense en jongmense,jongmanne en jongmeisies,

23. herders en kuddes,boere en trekdiere,goewerneurs en gesagdraers.

24. Maar Ek sal Babel en al die inwoners van Galdeërland laat boet vir al die kwaad wat hulle voor julle oë in Sion aangerig het, sê die Here.

25. Ek gaan teen jou optree, verwoestersberg,sê die Here,jy wat die hele aarde verwoes het;Ek gaan my hand teen jou uitsteeken jou van die rotse afrol;Ek maak jou 'n uitgebrande berg.

26. Mense sal nie uit jou 'n hoekklip kom vatof 'n fondamentklip nie;jy sal altyd verlate lê, sê die Here.

27. Hou 'n vaandel op oor die aarde,blaas die ramshoring onder die nasies,maak hulle gereed om Babel aan te val,roep koninkryke teen hom op:Ararat, Minni en Askenas;benoem 'n bevelvoerder vir die aanslag,bring perde soos sprinkaanswerms!

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51