Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:1-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. So sê die Here:Ek laat 'n verwoestende wind oor Babel waaien oor die inwoners van Leb-Kamai.

2. Ek stuur mense om Babel uit te skud,hulle sal sy land leegstroopwanneer hulle hom van alle kante af bestormdie dag as die ramp losbreek.

3. Moenie die boogskutters van Babel kans geeom hulle boë te span of hulle harnasse aan te trek nie!Moenie jammer wees vir sy jongmanne nie,roei sy hele leër uit!

4. Galdeërland sal vol dooies lê,sy strate vol gesneuweldes.

5. Israel en Juda is nie alleen nie,nie sonder sy God, nie sonder die Here die Almagtige nie.Galdeërland het hom vergrypteen die Heilige van Israel.

6. Vlug uit Babel uit, red julleself,moenie deur sy sonde omkom nie!Die tyd is daar dat die Here Hom wreek,dat Hy Babel sy verdiende loon laat kry.

7. Babel was 'n goue beker in die hand van die Here,'n beker wat die hele wêreld dronk laat word het:die nasies het van sy wyn gedrinken daarvan mal geword.

8. Babel kom skielik tot 'n val, hy stort ineen!Huil oor hom, gaan haal balsem vir sy wonde,miskien word hy gesond!

9. Ons het Babel gedokter, maar hy het nie gesond geword nie.Gee pad uit hom, kom ons gaan elkeen na sy land toe,want die straf wat hom tref, strek tot aan die hemel,reik tot by die wolke.

10. Die Here het vir ons redding gebring;kom ons gaan vertel in Sionwat die Here ons God gedoen het.

11. Maak skerp die pyle, vat die skilde!Die Here het die konings van Medië in beweging gebring,want Hy het besluit dat Babel verwoes moet word.Die Here gaan Hom wreek oor wat met sy tempel gebeur het.

12. Steek 'n vaandel op teen die mure van Babel,versterk die wagposte, sit wagte uit,stel hinderlae op,want die Here gaan sy besluit uitvoer,Hy gaan met die inwoners van Babel doen wat Hy gesê het.

13. Jy wat langs die baie waters woon,met jou baie skatte,jou einde het gekom,jou lewensdraad word geknip.

14. Die Here die Almagtige het 'n eed afgelê by Homself:Ek laat die vyande soos sprinkane op jou toesak,en hulle sal met 'n geskreeu die oorwinning oor jou vier.

15. Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het,wat met sy wysheid die wêreld gevestig heten met insig die hemel oopgesprei het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51