Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 48:38-47 Afrikaans 1983 (AFR83)

38. daar word oral op die dakke in Moaben op sy stadspleine getreur,want Ek het Moab gebreeksoos 'n kleipot wat niemand wil hê nie, sê die Here.

39. Hoe angsbevange word Moab, hoe vlug hy ná sy neerlaag!Huil maar, want Moab word 'n spot,hy word 'n afskrikwekkende voorbeeld vir sy bure.

40. So sê die Here:Die vyand sal soos 'n aasvoël op Moab afsaken oor hom sweef.

41. Stede sal verower word,vestings ingeneem word.Daardie dag sal Moab se soldate so bang weessoos vrouens wat vasgekeer is.

42. Moab sal uitgeroei word en ophou om 'n volk te wees,want hy het hom groot gehou teen die Here.

43. Daar wag gevaar en vanggate en strikke vir julle,inwoners van Moab, sê die Here.

44. Wie van die gevaar af probeer wegkom, sal in 'n vanggat val,wie uit 'n vanggat probeer uitklim, sal in 'n strik gevang word.Ek bring oor Moab'n jaar van afrekening,sê die Here.

45. In die skaduwee van Gesbonstaan die vlugtelinge sonder krag,want daar het 'n vuur uit Gesbon uit gegaan,'n vlam uit Sihon uit,en dit het die voorkop van Moab,die koppe van die grootpraters verteer.

46. Dit is klaar met jou, Moab;die volk van Kemos word uitgeroei.Jou seuns word in ballingskap weggevoer,jou dogters as gevangenes.

47. Maar wanneer die tyd daar is,sal Ek die lot van Moab verander, sê die Here.Hier eindig die oordeel oor Moab.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 48