Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 48:29-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Ons het gehoor van Moab se vermetelheid,sy opperste hoogmoed, sy verwaandheid,sy vermetelheid en sy trots,sy selfvoldaanheid.

30. Ek ken sy hovaardigheid, sê die Here;sy grootpratery bring niks,al wat hy doen, kom tot niks.

31. Daarom huil Ek oor Moab,kla Ek oor die hele Moab,en kerm die mense oor die manne van Kir-Geres.

32. Meer as oor Jaser huil Ek oor jou, wingerd van Sibma;jou ranke reik tot aan die see,hulle strek tot by Jaser.Die verwoester sak toe op jou vrugte en jou druiwe.

33. Vreugde en gejuig het verdwyn uit die vrugteboorde en uit Moab;Ek het die wyn laat wegraak uit die parskuipe;die vreugde om druiwe uit te trap is daar nie meer nie,daar is geen oesvreugde meer nie.

34. Die hulpgeroep van Gesbon klink tot in Elale,dit word gehoor tot by Jahas,van Soar af tot by Goronajim en Eglat-Selisija.Selfs die water van Nimrim het opgedroog.

35. Ek maak 'n end, sê die Here, aan dié Moabwat hoogtes toe gaan en aan hulle gode offer.

36. Soos die klaagsang van 'n fluit,so kla dit in My oor Moab.Soos die klaagsang van 'n fluit,so kla dit in My oor die mense van Kir-Geres:alles wat hulle vergaar het, is daarmee heen.

37. Almal treur: die koppe is kaalgeskeer, die baarde afgesny,die hande het snye aan, almal dra rouklere;

38. daar word oral op die dakke in Moaben op sy stadspleine getreur,want Ek het Moab gebreeksoos 'n kleipot wat niemand wil hê nie, sê die Here.

39. Hoe angsbevange word Moab, hoe vlug hy ná sy neerlaag!Huil maar, want Moab word 'n spot,hy word 'n afskrikwekkende voorbeeld vir sy bure.

40. So sê die Here:Die vyand sal soos 'n aasvoël op Moab afsaken oor hom sweef.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 48