Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 48:20-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Moab is verslaan, hy is angsbevange.Huil, skreeu, gaan vertel by die Arnondat Moab verwoes is!

21. Die straf het gekom na die land met die hoogvlakte toe,na Golon, na Jahas, na Mefaät toe,

22. na Dibon, na Nebo, na Bet-Diblatajim toe,

23. na Kirjatajim, na Bet-Gamul, na Bet-Meon toe,

24. na Kerijot, na Bosra, na al die stede in Moab toe,ver en naby.

25. Die heerskappy van Moab is vernietig,sy mag is gebreek, sê die Here.

26. Moab het hom groot gehou teen die Here;maak hom dronk, laat hom aanhou braak,laat hom ook 'n spot word!

27. Jy het mos vir Israel gespot, Moab;het Israel hom dan met diewe opgehoudat jy met voldoening jou kop moes knikelke keer as jy oor hom gepraat het?

28. Vlug uit die stede! Gaan woon teen die kranse,inwoners van Moab!Word soos duiwe wat nes maakbo teen die rante van 'n put.

29. Ons het gehoor van Moab se vermetelheid,sy opperste hoogmoed, sy verwaandheid,sy vermetelheid en sy trots,sy selfvoldaanheid.

30. Ek ken sy hovaardigheid, sê die Here;sy grootpratery bring niks,al wat hy doen, kom tot niks.

31. Daarom huil Ek oor Moab,kla Ek oor die hele Moab,en kerm die mense oor die manne van Kir-Geres.

32. Meer as oor Jaser huil Ek oor jou, wingerd van Sibma;jou ranke reik tot aan die see,hulle strek tot by Jaser.Die verwoester sak toe op jou vrugte en jou druiwe.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 48