Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 48:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Oor Moab. So sê die Here die Almagtige, die God van Israel:Ellende wag vir Nebo, want hy word verwoes;Kirjatajim word verneder en ingeneem,die vestingstad word verneder en platgeslaan.

2. Die roem van Moab word nie meer besing nie;sy ondergang word in Gesbon beplan:“Kom ons roei daardie nasie uit!”Ook aan Madmen word 'n einde gemaak!Die swaard is agter jou aan!

3. Van Goronajim af klink smartkreteoor die groot verwoesting en ondergang.

4. Moab word uitmekaargeskeur;smartkrete weerklink in sy dorpies.

5. Sy mense klim huil-huildie opdraand na Lugit toe uit;benoude smartkrete oor die ondergang van Moabweerklink op die pad af na Goronajim toe.

6. Vlug! Probeer wegkom,word liewer soos 'n kaal bossie in die woestyn!

7. Omdat jy jou vertroue gestel hetin wat jy self gedoen en vergaar het,word jy ook 'n gevangeneen word Kemos in ballingskap weggevoersaam met sy priesters en sy amptenare.

8. Die verwoester pak elke stad,nie een kom vry nie.Die Jordaanvallei gaan tot niet,die hoogvlakte word verwoes,want die Here het gepraat.

9. Laat Moab vlug,want die land lê in puin.Sy stede lê verlate, sonder inwoners.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 48