Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 46:13-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. 'n Woord wat deur die Here aan die profeet Jeremia oorgedra is toe koning Nebukadnesar van Babel gekom het om Egipte aan te val.

14. Julle moet dit in Egipte bekend maak,julle moet dit laat hoor in Migdol,julle moet dit laat hoor in Memfis en Tagpanges,julle moet sê:Staan gereed, maak jou reg,want die swaard verteer reeds rondom jou!

15. Hoe is dit dan dat jou aanvoerders afgemaai word?Hulle bly nie staan nie, die Here stoot hulle om.

16. Hulle bly struikel, hulle val oor mekaar,en hulle sê: “Staan op, kom ons gaan terug na ons mense toe,na die land toe waar ons gebore is,weg van die swaard af wat so wild te kere gaan!”

17. Hulle skree: “Daar is die farao, die koning van Egipte,die grootprater wat sy kanse verspeel het!”

18. So seker as Ek leef, sê die Koningwie se Naam die Here die Almagtige is:Daar kom iemand wat so magtig issoos Tabor onder die berge,soos Karmel aan die see.

19. Pak julle bondels vir die ballingskap,inwoners van Egipte!Memfis gaan 'n verlate stad word,verwoes en sonder inwoners.

20. Egipte is 'n pragtige jong vers,maar daar kom 'n blindevlieg uit die noorde.

21. Die huurtroepe in Egipteis soos vetgemaakte kalwers,maar hulle sal almal omdraai en vlug,hulle sal nie bly staan nie,want die dag kom wanneer 'n ramp hulle tref,die tyd wanneer daar met hulle afgereken sal word.

22. Egipte sal sis soos 'n slang en padgeewanneer die vyand se leërmag aankom,wanneer hulle soos houtkappers met byle na Egipte toe aankom.

23. Hulle gaan sy bos afkap, sê die Here,al is die bos hoe dig.Die leër van die vyand is groter as 'n sprinkaanswerm,die soldate kan nie getel word nie.

24. Daar wag 'n neerlaag vir Egipte,hy word oorgegee in die mag van die volk uit die noorde.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 46