Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 46:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het. Dit handel oor die ander nasies.

2. Oor Egipte. Teen die leërmag van die farao, koning Neko van Egipte, wat in Karkemis aan die Eufraat is waar hy deur koning Nebukadnesar van Babel verslaan is; dit het gebeur in die vierde regeringsjaar van koning Jojakim van Juda, seun van Josia.

3. Hou reg die skilde, klein en groot,ruk op vir die oorlog!

4. Span in die perde, klim op die ryperde,tree aan met helms op, vryf die spiese blink,trek harnasse aan!

5. Hoe is dit dan dat Ek hulle sien skrik en terugval?Hulle soldate word uitmekaargejaag,hulle slaan op die vlugen draai nie weer om nie;daar is paniek aan alle kante!sê die Here.

6. Selfs nie die vinniges kan wegkom nie,die soldate kom nie vry nie.Daar in die noorde,op die oewer van die Eufraatrivier,val hulle, slaan hulle neer.

7. Wie is dit wat daar soos die Nyl oor sy walle stroom,wat soos die groot rivier brul?

8. Egipte stroom oor sy walle soos die Nyl,hy brul soos die groot rivieren sê: “Ek sal oor my walle stroom en die aarde bedek,ek sal stede wegvee saam met hulle inwoners.”

9. Spring, perde! Storm voort, strydwaens!Trek op, soldate uit Kus en Put,met skilde gewapen,trek op, boogskutters uit Lud!

10. Dié dag behoort aan die Here,die Here die Almagtige.Dit is 'n dag van wraakwaarop Hy Hom op sy vyande gaan wreek.Die swaard sal oorgenoeg kry,hy sal dronk word van hulle bloed:daar is 'n offerfees vir die Here,vir die Here die Almagtige,daar in die noordland, op die oewer van die Eufraat.

11. Gaan na Gilead toe, Egipte,gaan haal balsem;jou baie medisynes help nie,jy word nie gesond nie.

12. Die ander nasies hoor van jou vernedering,jou smartkrete vul die aarde.Soldaat na soldaat het geval,die een het met die ander saam gesneuwel.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 46