Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 45:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Woord van die profeet Jeremia aan Baruk seun van Nerija, toe Baruk opgeteken het wat Jeremia vir hom gedikteer het. Dit was in die vierde regeringsjaar van koning Jojakim van Juda, seun van Josia.

2. So sê die Here die God van Israel oor jou, Baruk:

3. Jy sê dit is klaar met jou, die Here het nog meer lyding by jou smart gevoeg, jy is al uitgeput van kla, jy kry nie rus nie?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 45