Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 41:12-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. het hulle al hulle manskappe gevat en vertrek om vir Ismael seun van Netanja aan te val. Hulle het hom by die groot dam in Gibeon gekry.

13-14. Al die mense by Ismael, die mense wat hy gevange uit Mispa weggevoer het, was bly toe hulle vir Joganan seun van Kareag en al die leëraanvoerders by hom sien. Hulle het omgedraai en teruggekom na Joganan seun van Kareag toe.

15. Maar Ismael seun van Netanja het met ag man weggekom van Joganan af en is na die Ammoniete toe.

16. Joganan seun van Kareag en al die leëraanvoerders by hom het al die mense saamgeneem wat oor was, al die mans, die soldate, die vrouens, kinders en ontmandes wat hy by Gibeon bevry het en wat deur Ismael seun van Netanja weggevoer was uit Mispa nadat hy vir Gedalja seun van Agikam vermoor het.

17. Joganan-hulle het vertrek en by Gerut-Kimham naby Betlehem oorgebly met die bedoeling om na Egipte toe te gaan,

18. weg van die Galdeërs af. Hulle was bang vir die Galdeërs omdat Ismael seun van Netanja vir Gedalja seun van Agikam vermoor het, die man wat deur die koning van Babel in bevel van die land geplaas was.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 41