Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 39:16-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Gaan sê vir die Kussiet Ebed-Melek: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Wat Ek oor hierdie stad bring, is tot sy ondergang, nie tot sy redding nie. En jy sal dit sien as dit gebeur.

17. Maar daardie dag sal Ek jou red, sê die Here, en jy sal nie uitgelewer word aan die mense vir wie jy bang is nie.

18. Ek sal jou laat ontkom, jy sal nie in die oorlog sneuwel nie. Omdat jy op My vertrou het, sal jy ontsnap, al sal jy net met jou lewe daarvan afkom, sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 39