Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 39:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. “Vang vir Jeremia, kyk goed na hom, moet hom nie kwaad aandoen nie en doen vir hom wat hy vir jou sê.”

13. Nebusaradan die hoof van die lyfwag het toe vir Nebusasban die hoofamptenaar, en vir Nergal-Sareser die hoof van die strydwamag, en al die offisiere van die koning van Babel gestuur

14. en hulle het vir Jeremia uit die binneplaas van die paleiswag gebring en hom aan Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, oorhandig om hom huis toe te vat. Jeremia het daar tussen die volk gewoon.

15. Die woord van die Here het tot Jeremia gekom terwyl hy nog 'n gevangene was in die binneplaas van die paleiswag:

16. Gaan sê vir die Kussiet Ebed-Melek: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Wat Ek oor hierdie stad bring, is tot sy ondergang, nie tot sy redding nie. En jy sal dit sien as dit gebeur.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 39