Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 38:25-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. As my amptenare uitvind dat ek met jou gepraat het en hulle kom sê vir jou: ‘Vertel vir ons wat jy en die koning gepraat het, moenie iets vir ons wegsteek nie, ons sal jou nie doodmaak nie. Wat het die koning vir jou gesê?’

26. moet jy vir hulle sê: Ek het by die koning kom pleit om my nie weer in die huis van Jonatan te sit om daar te sterf nie.”

27. Die amptenare het toe ook na Jeremia toe gekom en hom uitgevra, maar hy het vir hulle gesê net soos die koning hom beveel het. Hulle het vir Jeremia toe met rus gelaat, want hulle kon niks uitvind nie.

28. Jeremia het in die binneplaas van die paleiswag gebly totdat Jerusalem ingeneem is.Jerusalem is so ingeneem:

Lees volledige hoofstuk Jeremia 38