Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 38:20-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Maar Jeremia het vir die koning gesê: “U sal nie uitgelewer word nie. Luister tog na die woord van die Here soos ek dit vir u meegedeel het. Dan sal dit goed gaan met u, en u lewe sal gespaar bly.

21. Maar as u weier om uit te gaan, dit is wat die Here my laat sien het:

22. al die vrouens wat nog oor is in die koning van Juda se paleis, sal uitgelei word na die koning van Babel se offisiere toe, en hulle sal sê:“ ‘Die koning van Israel se beste vriende het hom mislei,hulle het hom omgepraat;hulle het hom van die wal af in die sloot gehelpen hom toe in die steek gelaat.’

23. “Al u vrouens en al u seuns sal uitgelei word na die Galdeërs toe en u sal nie uit hulle mag vrykom nie, want u sal deur die koning van Babel self gevange geneem word, en hierdie stad sal afgebrand word.”

24. Sedekia het vir Jeremia gesê: “Niemand moet van hierdie gesprek weet nie. Dan sal jy nie doodgemaak word nie.

25. As my amptenare uitvind dat ek met jou gepraat het en hulle kom sê vir jou: ‘Vertel vir ons wat jy en die koning gepraat het, moenie iets vir ons wegsteek nie, ons sal jou nie doodmaak nie. Wat het die koning vir jou gesê?’

26. moet jy vir hulle sê: Ek het by die koning kom pleit om my nie weer in die huis van Jonatan te sit om daar te sterf nie.”

27. Die amptenare het toe ook na Jeremia toe gekom en hom uitgevra, maar hy het vir hulle gesê net soos die koning hom beveel het. Hulle het vir Jeremia toe met rus gelaat, want hulle kon niks uitvind nie.

28. Jeremia het in die binneplaas van die paleiswag gebly totdat Jerusalem ingeneem is.Jerusalem is so ingeneem:

Lees volledige hoofstuk Jeremia 38