Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 36:29-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Jy moet vir koning Jojakim van Juda sê: So sê die Here: Jy het die boekrol verbrand en gevra: “Waarom het Jeremia daarop geskryf die koning van Babel sal kom en hierdie land verwoes en sy mense en diere in ballingskap wegvat?”

30. Daarom, so sê die Here oor koning Jojakim van Juda, sal sy nageslag nie op die troon van Dawid sit nie. Jojakim se lyk sal weggegooi word en oordag in die son lê en snags in die koue.

31. Ek sal hom en sy kinders en sy amptenare straf oor hulle sonde. Ek sal oor hulle en oor die inwoners van Jerusalem en oor die mense van Juda al die rampe bring waarvan Ek gepraat het. Hulle het mos nie geluister nie.

32. Jeremia het toe 'n ander boekrol gevat en vir die skrywer Baruk seun van Nerija gegee en vir hom gedikteer. Baruk het daarop alles geskryf wat op die boekrol gestaan het wat deur koning Jojakim van Juda verbrand is. Baruk het nog baie meer woorde soos daardie op die boekrol geskryf.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 36