Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 34:16-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Maar nou het julle weer van gedagte verander en my Naam onteer toe elkeen sy slaaf en slavin wat hy vrygelaat het om sy eie gang te gaan, gedwing het om weer julle slawe en slavinne te wees. En julle mishandel hulle.

17. Daarom, so sê die Here: Julle het nie na My geluister nie. Julle het nie julle volksgenote vrygelaat nie. Daarom laat Ek julle nou vry, sê die Here, vry vir oorlog, vir pes en vir hongersnood, en Ek maak julle tot iets waarvoor al die koninkryke van die aarde sal skrik.

18. Elkeen wat hom nie gesteur het aan die verbond met My en die voorwaardes van die ooreenkoms wat hulle in my teenwoordigheid aangegaan het, nie nagekom het nie, sal Ek maak soos die kalf wat julle met die verbondsluiting in twee stukke gesny en toe daartussendeur geloop het.

19. Ek sal die leiers van Juda, die leiers van Jerusalem, die paleisamptenare, die priesters en al die landsburgers wat tussen die twee stukke van die kalf deur geloop het,

20. in die mag van hulle vyande oorgee, in die mag van dié wat hulle lewe soek. Hulle lyke sal gevreet word deur voëls en roofdiere.

21. Ek sal koning Sedekia van Juda en sy amptenare in die mag van hulle vyande oorgee, in die mag van dié wat hulle lewe soek, in die mag van die leër van die koning van Babel al het dit nou van jou af weggetrek.

22. Ek sal hom 'n nuwe opdrag gee, sê die Here, Ek sal hom terugbring na hierdie stad toe. Hy sal teen die stad veg en dit inneem en verbrand. Ek sal al die stede van Juda verlate maak, sonder inwoners.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 34