Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 33:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is:

3. Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.

4. So sê die Here die God van Israel oor die huise in hierdie stad en oor die konings van Juda se paleise wat afgebreek is, en oor die beleëringswalle en oor die wapens

5. waarmee die Galdeërs teen julle kom veg het, die huise wat deur die Galdeërs vol gemaak is met die lyke van die mense wat Ek in my gloeiende toorn om die lewe wou bring toe Ek nie meer vir hierdie stad omgegee het nie omdat hy so baie sonde gedoen het:

6. Ek sal hom heeltemal gesond maak en sy inwoners genees; Ek sal vir hulle 'n sterk veilige vesting bou.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 33