Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 31:26-39 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Dit is waarom Ek ingryp:Ek het alles gesien,Ek sal nie terugkom op my besluit nie.

27. Daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek Israel en Juda weer sal vol maak met mense en diere.

28. Ek was gretig om hulle uit te ruk en af te breek,om hulle plat te slaan en te vernietig,om rampe oor hulle te bring.Ek sal net so gretig wees om hulle op te bou en hulle te plant, sê die Here.

29. In daardie tyd sal hulle nie meer sê: “Die vaders het groen druiwe geëet, en die kinders se tande het stomp geword” nie.

30. Elke mens sal oor sy eie sonde sterf: wie groen druiwe eet, se tande sal stomp word.

31. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit.

32. Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here.

33. Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.

34. 'n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie.

35. So sê die Here,Hy wat die son bedags laat skyn,die maan en sterre beveel om snags te skitter,Hy wat die see onstuimig laat word, wat sy golwe laat druis,wie se Naam Here die Almagtige is:

36. Eers as hierdie dinge uit my teenwoordigheid verdwyn, sê die Here, sal die nageslag van Israel ophou om vir altyd in my teenwoordigheid 'n nasie te wees.

37. So sê die Here:As die hemel daarbo afgemeet kan worden as die fondamente van die aarde daaronder vasgestel kan word,sal Ek die hele nageslag van Israel verwerpoor alles wat hulle gedoen het, sê die Here.

38. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat hierdie stad vir My herbou sal word van die Gananeltoring af tot by die Hoekpoort.

39. Die maatlyn sal van daar af reguit loop tot by die Garebheuwel en dan sal dit swaai na Goa toe.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 31