Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 31:22-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Hoe lank gaan jy nog talm,jy wat so dikwels jou eie koers gaan?Die Here skep iets nuuts in jou land:Israel sal die Here liefhê.

23. So sê die Here die Almagtige, die God van Israel:Wanneer Ek hulle lot verander,sal hulle weer in Juda en in sy stede sê:Die Here sal jou seën, regmatige woonplek,heilige berg!

24. Mense sal saam woon in Juda en in sy stede,boere en veewagters wat rondtrek.

25. Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is,Ek maak die moedelose weer vol moed.

26. Dit is waarom Ek ingryp:Ek het alles gesien,Ek sal nie terugkom op my besluit nie.

27. Daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek Israel en Juda weer sal vol maak met mense en diere.

28. Ek was gretig om hulle uit te ruk en af te breek,om hulle plat te slaan en te vernietig,om rampe oor hulle te bring.Ek sal net so gretig wees om hulle op te bou en hulle te plant, sê die Here.

29. In daardie tyd sal hulle nie meer sê: “Die vaders het groen druiwe geëet, en die kinders se tande het stomp geword” nie.

30. Elke mens sal oor sy eie sonde sterf: wie groen druiwe eet, se tande sal stomp word.

31. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 31