Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 30:20-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Sy kinders sal weer soos tevore wees,die gemeente in hom sal 'n blywende plek hêin my teenwoordigheid.Ek sal almal straf wat hom verdruk.

21. Sy leier sal een van sy eie mense wees,sy regeerder sal uit sy eie kring kom.Ek sal hom laat nader komen hy sal na My toe kom.Wie is hy wat sy lewe sal waagom na My toe te kom? sê die Here.

22. Julle sal my volk wees,en Ek sal julle God wees.

23. Die toorn van die Here sal losbreek soos 'n storm,dit sal maal soos 'n dwarrelwinden losbars oor die koppe van die goddeloses.

24. Sy gloeiende toorn sal nie bedaarvoordat Hy sy plan deurgevoer het nie.Daar kom 'n tyd dat julle dit alles sal begryp.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 30