Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 3:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Sal U vir altyd kwaad wees, vir altyd toornig wees?”Dit is wat jy gesê het,maar jy het verkeerd bly doen net waar jy kon.

6. Dit was tydens die regering van koning Josia. Die Here het vir my gesê: Het jy gesien wat die ontroue Israel gedoen het? Sy het op elke hoë berg en onder elke groen boom gaan ontug pleeg!

7. Ek het gedink: nadat sy al hierdie dinge gedoen het, sal sy na My toe terugkom, maar sy het nie teruggekom nie. En haar ontroue suster Juda het dit alles aanskou.

8. Toe Ek die trouelose Israel oor al haar ontrou verstoot en die skeibrief aan haar gegee het, het Ek gesien dat haar ontroue suster Juda nie afgeskrik is nie. Ook sy het gaan ontug pleeg.

9. Dit was vir Israel niks om haarself en die land te verontreinig nie, sy het owerspel gepleeg met afgodsbeelde van klip en hout.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 3