Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 28:3-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Oor twee jaar sal Ek al die voorwerpe uit my tempel, wat koning Nebukadnesar van Babel uit hierdie plek uit na Babel toe gevat het, hierheen laat terugbring.

4. Ek sal ook vir koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, en al die ballinge van Juda wat deur Nebukadnesar na Babel toe gevat is, na hierdie plek toe terugbring, sê die Here, want Ek sal die juk wat Babel se koning julle oplê, verbreek.”

5. Toe antwoord die profeet Jeremia die profeet Gananja in die teenwoordigheid van die priesters en die hele volk wat in die huis van die Here gestaan het.

6. Die profeet Jeremia het gesê: “Ek sou dit ook graag so wou hê. Mag die Here dit doen. Mag die Here bevestig wat jy as profeet gesê het en die voorwerpe uit die huis van die Here en al die ballinge na hierdie plek toe terugbring uit Babel.

7. Maar luister tog na wat ek nou gaan sê sodat jy en die hele volk dit kan hoor.

8. Die profete uit die dae voor jou en my het lankal vir baie lande en oor groot koninkryke oorlog en rampe en peste aangekondig.

9. Maar die profeet wat voorspoed aankondig, is net aanvaar as profeet wat werklik deur die Here gestuur is, wanneer so 'n profeet se woord uitkom.”

10. Toe vat die profeet Gananja die juk van die profeet Jeremia se nek af en breek dit stukkend.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 28