Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 27:17-21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Moenie na hulle luister nie. Dien die koning van Babel, en bly lewe. Waarom moet hierdie stad verwoes word?

18. As hulle werklik profete is en as die woord van die Here by hulle is, laat hulle dan by die Here die Almagtige pleit dat die voorwerpe wat nog in die huis van die Here is en dié in die koning van Juda se paleis en dié in Jerusalem, nie na Babel toe gevat word nie.

19. So sê die Here die Almagtige van die pilare en die waterbak en die staanders, van al die ander voorwerpe wat nog oor is in hierdie stad,

20. van alles wat koning Nebukadnesar van Babel nie saam met koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, en al die vername mense uit Juda en Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het nie:

21-22. dit sal na Babel toe gevat word en dit sal daar bly tot Ek dit weer onder my sorg sal neem, sê die Here. Dan sal Ek dit gaan haal en terugbring na hierdie plek toe. Dit is wat die Here die Almagtige, die God van Israel, sê van die voorwerpe wat nog oor is in die huis van die Here en in die paleis van die koning van Juda en in Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 27