Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 27:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Moenie luister na die profete wat vir julle sê julle moenie die koning van Babel dien nie. Dit is vals profete wat vir julle optree.

15. Ek het hulle nie gestuur nie, sê die Here. Hulle tree in my Naam op as profete, maar hulle bedrieg julle, en daarom sal Ek julle verban en sal julle omkom, julle en julle profete.

16. Toe het ek, Jeremia, vir die priesters en hierdie hele volk gesê: So sê die Here: Moenie luister na julle profete nie. Hulle sê vir julle: “Die voorwerpe uit die huis van die Here sal baie gou teruggebring word uit Babel.” Daardie profete lieg vir julle.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 27