Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 26:16-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Toe sê die amptenare en die hele volk vir die priesters en die profete: “Hierdie man mag nie die doodvonnis kry nie, want hy het met ons gepraat in die Naam van die Here ons God.”

17. Daar het ook van die leiers van die land gekom en vir die hele volksvergadering gesê:

18. “Miga van Moreset het in die dae van koning Hiskia van Juda as profeet opgetree en vir die hele volk van Juda gesê: So sê die Here die Almagtige:“Sion sal soos 'n land geploeg word,Jerusalem sal 'n puinhoop word,die tempelberg 'n hoogte vol bossies.

19. “Het koning Hiskia van Juda en die hele Juda toe vir Miga doodgemaak? Het Hiskia nie die Here gedien en om genade gesmeek nie? Het die Here nie die straf herroep wat Hy oor hulle aangekondig het nie? Ons is besig om 'n groot ramp oor ons te bring.”

20. Daar was nog iemand wat in die Naam van die Here as profeet opgetree het, Urija seun van Semaja uit Kirjat-Jearim. Hy het as profeet opgetree teen hierdie stad en teen hierdie land en dieselfde dinge as Jeremia gesê.

21. Toe koning Jojakim en al sy soldate en al sy amptenare hoor wat Urija sê, wou die koning hom doodmaak, maar Urija het dit te hore gekom en bang geword en Egipte toe gevlug.

22. Koning Jojakim het toe vir Elnatan seun van Akbor en die manskappe by hom na Egipte toe gestuur,

23. en hulle het vir Urija in Egipte gaan haal en na koning Jojakim toe gebring. Hy het toe vir Urija met 'n swaard om die lewe gebring en sy lyk in die plek gegooi waar die gewone mense begrawe is.

24. Agikam seun van Safan was aan Jeremia se kant, met die gevolg dat hy nie aan die volk uitgelewer is sodat hulle hom kon doodmaak nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 26