Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 24:6-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Vir hulle beswil sal Ek my oog oor hulle hou en Ek sal hulle na hierdie land toe terugbring. Ek sal hulle opbou, nie afbreek nie, Ek sal hulle plant, nie uitruk nie.

7. Ek sal hulle die insig gee om My te ken. Ek is die Here! Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees, want hulle sal heelhartig na My toe terugkom.

8. Maar, so sê die Here, Ek sal koning Sedekia van Juda en sy amptenare en dié mense van Jerusalem wat oorgebly het, dié wat in hierdie land agterbly en dié wat in Egipte wil gaan woon, maak soos die slegte vye wat so sleg is dat 'n mens hulle nie kan eet nie.

9. Ek sal vir Sedekia-hulle maak tot iets slegs, iets waarvoor al die koninkryke van die aarde sal skrik; in al die plekke waarheen Ek hulle sal verstrooi, sal hulle naam gebruik word wanneer mense ander wil verneder, wil spot, wil verkleineer of wil vervloek.

10. Ek sal oorlog, hongersnood en pes onder hulle loslaat totdat hulle uitgeroei is uit die land wat Ek aan hulle en hulle voorvaders gegee het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 24