Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:4-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. As julle stiptelik volgens my woord lewe, sal konings wat op die Dawidstroon sit, deur die poorte van hierdie paleis kom en hulle sal op waens en perde ry, hulle en hulle amptenare en hulle volk.

5. Maar as julle nie na my woorde luister nie, bevestig Ek nou vir julle met 'n eed dat hierdie paleis 'n puinhoop sal word, sê die Here.

6. So sê die Here oor die paleis in Juda:Jy is vir my Gilead, die Libanonkruin,maar Ek maak jou 'n woestyn,soos stede sonder inwoners.

7. Ek wys mense aan om jou te vernietig,mense met hulle wapens.Hulle sal jou mooi sederbalke opkapen in die vuur gooi.

8. Daar sal baie nasies by hierdie stad verbygaan en vir mekaar vra: “Waarom het die Here dit met hierdie groot stad gedoen?”

9. Dan sal hulle antwoord: “Omdat die mense van hierdie stad nie die verbond met die Here hulle God gehou het nie en ander gode vereer en gedien het.”

10. Moenie huil oor die koning wat dood is nie,moenie oor hom rou nie.Huil, ja, huil oor hom wat in ballingskap is,want hy sal nie terugkom nie,hy sal nie weer sy geboorteland sien nie.

11. So sê die Here oor koning Sallum van Juda, seun van Josia, wat koning geword het in die plek van Josia, sy pa, maar wat van hierdie plek af weggegaan het: Hy sal nooit hierheen terugkom nie,

12. want hy sal sterf in die plek waarheen hulle hom in ballingskap weggevoer het. Hy sal nooit weer hierdie land sien nie.

13. Ellende wag vir hom wat sy huis met onreg bou,sy bokamers met minagting van die reg,vir hom wat sy mense sonder betaling laat werk,wat hulle nie hulle geld gee nie.

14. Ellende wag vir hom wat sê:“Ek wil my huis groot maak,sy bokamers moet ruim wees.”Hy breek vir hom groot vensters uit,sit vir hom panele in van sederhouten verf sy huis rooi.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22