Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:14-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Ellende wag vir hom wat sê:“Ek wil my huis groot maak,sy bokamers moet ruim wees.”Hy breek vir hom groot vensters uit,sit vir hom panele in van sederhouten verf sy huis rooi.

15. Maak dit van jou 'n koningas jy jou inspan vir meer sederhout?Jou pa het geëet en gedrink,hy het reg laat geskied en reg gedoenen dit het goed gegaan met hom.

16. Hy het die saak behartig van die swakke en die arme,en dit het goed gegaan.Wie hierdie dinge doen, dien My,sê die Here.

17. Maar jy is net daarop uit om jou te verryk ten koste van ander,jy kyk net waar jy mense onskuldig kan doodmaak,waar jy kan verdruk en afpers.

18. Daarom, so sê die Herevir koning Jojakim van Juda, seun van Josia:Hulle sal nie oor jou treur en sê:“Ag, hoe jammer, my broer,ag, hoe jammer, my suster!” nie.Hulle sal nie oor jou treur en sê:“Ag, ons koning, ag, sy majesteit!” nie.

19. Hy sal soos 'n donkie begrawe word:hy sal van hier af weggesleep worden buite die poorte van Jerusalem weggegooi word.

20. Gaan Libanon toe en vra hulp,roep hard by Basan,vra hulp by Abarim,want al jou helpers is vernietig.

21. Ek het jou gewaarsku toe jy nog gerus was,maar jy het gesê: “Ek sal nie luister nie.”Van jongs af was dit jou gewoonteom nie na My te luister nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22