Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:11-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. So sê die Here oor koning Sallum van Juda, seun van Josia, wat koning geword het in die plek van Josia, sy pa, maar wat van hierdie plek af weggegaan het: Hy sal nooit hierheen terugkom nie,

12. want hy sal sterf in die plek waarheen hulle hom in ballingskap weggevoer het. Hy sal nooit weer hierdie land sien nie.

13. Ellende wag vir hom wat sy huis met onreg bou,sy bokamers met minagting van die reg,vir hom wat sy mense sonder betaling laat werk,wat hulle nie hulle geld gee nie.

14. Ellende wag vir hom wat sê:“Ek wil my huis groot maak,sy bokamers moet ruim wees.”Hy breek vir hom groot vensters uit,sit vir hom panele in van sederhouten verf sy huis rooi.

15. Maak dit van jou 'n koningas jy jou inspan vir meer sederhout?Jou pa het geëet en gedrink,hy het reg laat geskied en reg gedoenen dit het goed gegaan met hom.

16. Hy het die saak behartig van die swakke en die arme,en dit het goed gegaan.Wie hierdie dinge doen, dien My,sê die Here.

17. Maar jy is net daarop uit om jou te verryk ten koste van ander,jy kyk net waar jy mense onskuldig kan doodmaak,waar jy kan verdruk en afpers.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22