Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. So het die Here gesê: Gaan na die paleis van die koning van Juda toe en dra hierdie boodskap daar oor.

2. Jy moet sê: Hoor die woord van die Here, koning van Juda wat op die Dawidstroon sit, u en u amptenare en u volk wat deur hierdie poorte na u toe kom.

3. So sê die Here: Handhaaf die reg en wees regverdig! Red dié wat beroof word, uit die mag van die uitbuiter, ook die vreemdeling, die weeskind en die weduwee. Moenie die reg vertrap nie, moenie geweld pleeg en moenie mense onskuldig om die lewe bring in hierdie plek nie.

4. As julle stiptelik volgens my woord lewe, sal konings wat op die Dawidstroon sit, deur die poorte van hierdie paleis kom en hulle sal op waens en perde ry, hulle en hulle amptenare en hulle volk.

5. Maar as julle nie na my woorde luister nie, bevestig Ek nou vir julle met 'n eed dat hierdie paleis 'n puinhoop sal word, sê die Here.

6. So sê die Here oor die paleis in Juda:Jy is vir my Gilead, die Libanonkruin,maar Ek maak jou 'n woestyn,soos stede sonder inwoners.

7. Ek wys mense aan om jou te vernietig,mense met hulle wapens.Hulle sal jou mooi sederbalke opkapen in die vuur gooi.

8. Daar sal baie nasies by hierdie stad verbygaan en vir mekaar vra: “Waarom het die Here dit met hierdie groot stad gedoen?”

9. Dan sal hulle antwoord: “Omdat die mense van hierdie stad nie die verbond met die Here hulle God gehou het nie en ander gode vereer en gedien het.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22