Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 20:8-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Elke keer as ek my mond oopmaak, moet ek skree,moet ek roep: “Daar is geweld, daar is verdrukking!”Om die woord van die Here te moet aankondig,beteken vir my net vernedering en bespotting heeldag deur.

9. En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nieen nie meer in sy Naam praat nie,dan word dit in my soos 'n vuur wat branden waarvan ek nie kan loskom nie.Ek is moeg van weerstand bied daarteen,ek kan nie meer nie.

10. Ek hoor almal fluister: “Angs van alle kante!Sê dit! Kom ons sê vir die koning wat Jeremia sê!”Selfs my vriende wag dat ek tot 'n val kom!Hulle sê: “Miskien loop hy in die val,en dan kan ons hom bykomen ons op hom wreek.”

11. Maar U is by my, Here,en U is magtig en sterk:dit is dié wat my vervolg, wat sal val;hulle sal nie wen nie.Hulle sal teleurgestel staan,want hulle sal nie in hulle doel slaag nie.Die skande van hulle neerlaag sal nooit vergeet word nie.

12. Here, Almagtige, u oordeel is reg,U sien raak wat diep in 'n mens is.Laat my sien hoe U my vyande strafwant ek gee my saak in u hande.

13. Sing tot eer van die Here, loof Hom!Hy red die arme uit die mag van slegte mense.

14. Vervloek is die dag waarop ek gebore is,die dag waarop my ma my in die wêreld gebring het;mag dié dag altyd sonder seën wees.

15. Vervloek is die man wat vir my pa die berig gebring het:“Jy het 'n seun,” 'n berig wat hom baie bly gemaak het.

16. Mag dit met daardie man gaan soos met die stedewat so genadeloos deur die Here verwoes is,mag daardie man angskrete hoor in die môre,oorlogskrete op die helder middag,

17. omdat hy my nie doodgemaak het voor ek gebore issodat my ma my graf kon gewees heten sy nooit in kraam kon kom nie.

18. Waarom is ek gebore net om ellende en pyn te beleefen my lewe lank verneder te word?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 20