Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 20:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die priester Pasgur seun van Immer, wat hoofopsigter oor die tempel was, het gehoor hoe Jeremia as profeet dié aankondiging doen.

2. Pasgur het die profeet Jeremia geslaan en hom daarna laat vasskroef in die blok wat in die boonste Benjaminpoort van die huis van die Here was.

3. Toe Pasgur vir Jeremia die volgende môre uit die blok haal, het Jeremia vir hom gesê: Die Here noem jou nie meer Pasgur nie maar Angs van Alle Kante,

4. want, so sê die Here, Ek gaan jou 'n angs maak vir jouself en vir jou vriende. Hulle sal deur hulle vyande met die swaard afgemaai word terwyl jy kyk. Die hele Juda gee Ek oor in die mag van die koning van Babel: hy sal party in ballingskap wegvoer na Babel toe en party doodmaak.

5. Al die rykdom van hierdie stad, al sy besittings, al wat hy het wat waardevol is, en al die skatte van die konings van Juda lewer Ek uit aan hulle vyande. Hulle sal alles plunder en roof en dit na Babel toe wegvat.

6. Jy, Pasgur, en al die mense in jou huis sal ook in ballingskap weggevoer word. Jy sal in Babel kom en daar sterf, en daar sal jy en al jou vriende vir wie jy met leuens 'n profeet wou wees, begrawe word.

7. U het my mislei, Here, en ek het my laat mislei.U was te sterk vir my, U het gewen.Ek word heeldag uitgelag,almal spot met my.

8. Elke keer as ek my mond oopmaak, moet ek skree,moet ek roep: “Daar is geweld, daar is verdrukking!”Om die woord van die Here te moet aankondig,beteken vir my net vernedering en bespotting heeldag deur.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 20