Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:4-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

5. Toe kom die woord van die Here tot my:

6. Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.

7. Een oomblik kondig Ek aan dat Ek 'n nasie, 'n koninkryk sal afbreek, sal uitroei, sal vernietig.

8. Maar wanneer dié nasie hom bekeer van sy boosheid waaroor Ek hom wou straf, sien Ek af van die straf wat Ek oor hom wou bring,

9. en die volgende oomblik kondig Ek aan dat Ek die nasie en die koninkryk sal bou en sal vestig.

10. Maar wanneer hy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien Ek af van die goeie wat Ek aan hom wou doen.

11. Maar sê nou vir die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem: So sê die Here: Ek berei vir julle 'n ramp voor, Ek is besig om 'n besluit oor julle te neem. Elkeen moet hom van sy verkeerde lewe bekeer. Maak julle lewe en julle dade reg.

12. Maar hulle sal sê: “Dit help nie. Ons wil lewe soos ons wil, elkeen wil sy eie koppige, slegte lewe lei.”

13. Daarom, so sê die Here:Vra tog onder die nasiesof iemand al van so iets gehoor het!Israel het 'n afstootlike ding gedoen.

14. Is die kranse van die Libanon ooit sonder sneeu,droog sy koue bergstrome wat uit ver plekke kom, ooit op?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18