Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Maar laat hulle kinders nou van honger sterf,laat daar oorlog oor hulle kom.Maak hulle vrouens kinderlose weduwees:laat die mans sterf aan die pesen laat die jongmanne in die oorlog sneuwel.

22. Laat 'n bende hulle skielik oorval,sodat die jammerkrete uit hulle huise sal weerklink.Hulle het 'n gat gegrawe om my te vang,hulle het vir my strikke gestel.

23. U, Here, ken hulle planne om my dood te bewerk;moenie hulle oortredings vergewe nie,moenie hulle sonde ongestraf laat nie,laat hulle tot 'n val kom voor U,tree teen hulle op terwyl U nog toornig is.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18