Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woord van die Here het tot Jeremia gekom:

2. Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.

3. Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak.

4. Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

5. Toe kom die woord van die Here tot my:

6. Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18