Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 17:4-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Jy sal deur jou eie toedoen die grond moet laat lêwat Ek jou gegee het.Ek sal jou vir jou vyande laat werkin 'n land waarvan jy nie weet nie.In my toorn sal daar 'n vuur teen julle losbreek,en dit sal aanhou brand.

5. So sê die Here:Daar rus 'n vloek op die menswat sy vertroue in mense stel,wat sy krag soek by sterflike menseen van My af wegdraai;

6. hy is soos 'n kaal bossie in droë wêreldwat nooit water kry nie;'n bossie wat in 'n klipwoestyn staan,in 'n brak wêreld waar niemand woon nie.

7. Dit gaan goed met die menswat sy vertroue in die Here stel,die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is;

8. so iemand is soos 'n boom wat by water geplant isen sy wortels na die stroom toe uitstoot,nie die hitte voel as dit kom nieen altyd groen blare het;'n droë jaar raak hom nieen hy hou nie op om vrugte te dra nie.

9. Die hart is bedriegliker as enigiets anders,hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?

10. Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand,Ek laat die mens kry wat hy verdien,wat hom toekom vir wat hy doen.

11. 'n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê het nie,dit is die mens wat op oneerlike wyse ryk word.Hy sal sy rykdom moet agterlaat in die fleur van sy lewe,sy uiteinde is dié van 'n dwaas.

12. 'n Magtige troon, van die begin af verhewe,dit is die plek waar ons heiligdom staan!

13. Here, Hoop van Israel,wie van U af weggaan, kom bedroë daarvan af;wie van U af wegdraai, is vir die dood opgeskryf,want hulle verlaat die Here, die bron van die lewe.

14. Maak Ú my gesond, Here, dan sal ek gesond wees!Bevry Ú my, dan sal ek vry wees!Dit is vir U wat ek wil loof.

15. Die mense vra vir my: “Waar is die woord van die Here?Laat dit tog kom!”

16. Maar omdat ek nie wou ophou om 'n herder te weeswat in u diens staan nie,het ek nie die onheilsdag nadergewens nie.U weet wat ek gesê het, dit is aan U bekend.

17. Moet tog nie vir my 'n verskrikking word nie,want U is my toevlug op die dag van rampe.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 17