Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 17:11-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. 'n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê het nie,dit is die mens wat op oneerlike wyse ryk word.Hy sal sy rykdom moet agterlaat in die fleur van sy lewe,sy uiteinde is dié van 'n dwaas.

12. 'n Magtige troon, van die begin af verhewe,dit is die plek waar ons heiligdom staan!

13. Here, Hoop van Israel,wie van U af weggaan, kom bedroë daarvan af;wie van U af wegdraai, is vir die dood opgeskryf,want hulle verlaat die Here, die bron van die lewe.

14. Maak Ú my gesond, Here, dan sal ek gesond wees!Bevry Ú my, dan sal ek vry wees!Dit is vir U wat ek wil loof.

15. Die mense vra vir my: “Waar is die woord van die Here?Laat dit tog kom!”

16. Maar omdat ek nie wou ophou om 'n herder te weeswat in u diens staan nie,het ek nie die onheilsdag nadergewens nie.U weet wat ek gesê het, dit is aan U bekend.

17. Moet tog nie vir my 'n verskrikking word nie,want U is my toevlug op die dag van rampe.

18. Laat dié wat my vervolg, bedroë daarvan afkom,nie ek nie!Laat hulle vreesbevange word, nie ek nie!Bring die dag van rampe oor hulle,straf hulle met 'n dubbele straf!

19. Die Here het vir my gesê: Gaan staan in die Volkspoort waardeur die konings van Juda in- en uitgaan, en ook in al die ander poorte van Jerusalem

20. en sê: Hoor die woord van die Here, konings van Juda en al die mense van Juda en al die inwoners van Jerusalem wat deur hierdie poorte gaan!

21. So sê die Here: Pas op! Julle lewens is op die spel! Moet niks op die sabbatdag dra en deur die poorte van Jerusalem bring nie,

Lees volledige hoofstuk Jeremia 17