Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 13:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. So het die Here vir my gesê: Gaan koop vir jou 'n linnegordel en maak dit om jou lyf vas. Jy moet dit nie laat nat word nie.

2. Ek het die gordel gekoop soos die Here gesê het, en dit aangesit.

3. Die woord van die Here kom toe weer tot my:

4. Vat die gordel wat jy gekoop het, wat jy aanhet, en gaan na die Eufraat toe en steek dit daar weg in 'n klipskeur.

5. Ek het gegaan en dit by die Eufraat weggesteek soos die Here my beveel het.

6. Na 'n lang ruk het die Here vir my gesê: Gaan nou na die Eufraat toe en gaan haal die gordel wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.

7. Ek het toe na die Eufraat toe gegaan, daar gegrawe en die gordel uitgehaal uit die plek waar ek hom weggesteek het. Maar die gordel het begin vergaan en was nutteloos.

8. Toe kom die woord van die Here tot my.

9. So het die Here gesê: So sal Ek die groot hoogmoed van Juda en Jerusalem laat vergaan.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 13