Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 10:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Luister wat die Here vir julle sê, Israeliete!

2. So sê die Here:Moenie die gewoontes van die heidennasies aanleer nie.Moenie bang wees vir die tekens aan die hemel nie,want dit is die heidennasies wat daarvoor bang is.

3. Hulle voorskrif om 'n god te kry, is sinloos:hulle kap 'n boom in die bos af,'n ambagsman kerf dit uit met 'n beitel,

4. hy versier dit met silwer en goud,met hamer en spyker slaan hy dit vas dat dit nie omkantel nie.

5. Sulke gode kan net so min praat as 'n voëlverskrikker in 'n komkommerland; hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Moenie vir hulle bang wees nie, want hulle het geen mag om goed of kwaad te doen nie.

6. Waar is iemand soos U, Here?U is groot, die mag van u Naam is groot.

7. Wie sou U nie dien nie, Koning van die nasies?Dit kom U toe.Onder al die wyse mense, onder al die konings van die nasies,is daar niemand soos U nie.

8. Hulle is almal gekke en dwase,want 'n stuk hout kan vir 'n mens niks leer nie.

9. Die silwerbeslag kom uit Tarsis, die goud uit Ufas.Dit is die werk van 'n ambagsman en 'n goudsmid,die afgode is geklee in pers en rooi wolstof,alles die werk van kunstenaars.

10. Maar die Here is die ware God:Hy is die lewende God, die Koning vir altyd;van sy toorn bewe die aarde,teen sy woede kan die nasies dit nie uithou nie.

11. So moet julle vir hulle sê:“Die gode wat nie die hemel en die aarde gemaak het nie,sal van die aarde af verdwyn onder die hemel uit.”

12. Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het,wat met sy wysheid die wêreld gevestig heten met insig die hemel oopgesprei het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 10